
Release date: 20 April 2026
Retail price: R580
Alle boeke sal versend word na 20 April.
Vir diegene wat Trouvrou liefgehad het, is Samesyn die voortgaande verhaal – ’n verdieping van hart, tafel en huis.
Met sy 312 volkleurbladsye in ’n ruim 28 cm x 21 cm sagtebandformaat, bevat Samesyn 109 resepte en meer as 150 pragtige volkleurfoto’s wat elke bladsy tot lewe bring.
Die boek is verdeel in vyf deurdagte hoofstukke wat jou stap vir stap begelei in die basiese beginsels van tafeldek, blommerangskikking, gasvryheid, feesviering en die kuns om ’n huis mooi en huislik te maak.
Interaktiewe QR-kodes neem jou verder as die bladsye en lei jou na video’s wat inspirasie en praktiese leiding bied.