Die Trouvrou Resepteboek bevat resepte uit drie generasies: Ouma se Plaaskombuis, Mamma se Dorphuis en Sussie se Flat. Die Ouma-afdeling dek meer ingewikkelder resepte soos koeksisters en wildspastei. Mamma se afdeling is effe makliker. Sussie s’n is baie eenvoudig en dek tientalle bymekaargooi disse.
Dis 'n sagteband, 256 blad volkleur boek met 167 resepte en 65 kleurfoto's wat jonk en vars is met n kombinasie van modern en nostalgies.